Hier is ons bloed blou

Hier is ons lief vir mekaar

Hier respekteer ons mekaar

Hier ondersteun ons mekaar

Hier kry ek geleenthede

Welkom by

HOËRSKOOL MARAIS VILJOEN

Jy Hoort Hier

Alles begin hier. ’n Nuwe reis, ’n vars begin. Stap saam en beleef die hoërskoolreis van ’n Marais Viljoener.

Marais Viljoen is ’n trotse instelling in die Alberton-gemeenskap, ’n plek waar jongmense bemagtig word om met selfvertroue, insig en vaardigheid hul plek in die wêreld vol te staan.

Hier bied ons ’n ondersteunende omgewing waar leerders die ruimte kry om te groei, hul potensiaal te ontdek en ’n wye verskeidenheid geleenthede te ervaar.

65 jaar vieringe (1961-2026)

MARAIS VILJOEN SE GESKIEDENIS – 65 JAAR VAN TROTS EN TRADISIE 

Op 1 September 2026 is ons skool se 65ste verjaarsdag en ons vier hierdie spesiale mylpaal op 14 Oktober 2026 by die skool.

Net soos ons hierdie skool en al sy suksesse vier is dit net so belangrik dat ons verstaan waar ons skool vandaan gekom het. 

Hoërskool Marais Viljoen is vernoem na Marais Viljoen, die Staatspresident van Suid-Afrika en parlementslid vir Alberton. Hy het ons skool op 1 September 1961 amptelik geopen. Danksy sy betrokkenheid by Alberton het hy ook ’n rol gespeel in die ontwikkeling van ons skool se huidige ligging. Soos die skool gegroei het, het dit geleidelik dele van die plaas Elandsfontein begin beslaan. Marais Viljoen het later ook ontwikkel tot ’n tegniese en kommersiële skool.

Ons eerste skoolhoof was mnr. P. J. Myburgh, wat van die Noord-Kaap afkomstig was. Hy is op 3 Oktober 1960 aangestel en het die skool deur sy eerste dekade gelei, totdat hy in 1970 as burgemeester van Alberton verkies is.

Marais Viljoen was nog altyd getrou aan die kleur blou, en dit bly vandag steeds die grondslag van ons skooldrag.

Die skoolwapen vertel ook ’n belangrike deel van ons geskiedenis. Die koningsblou agtergrond verteenwoordig ons skool se primêre kleur. Die goue keper, in die vorm van ’n “V”, verdeel die verskillende dele van die skild. Die aambeeld en ratwiel simboliseer die tegniese vaardighede en ingenieursrigtings wat ons skool bied. Die oop silwer boek verteenwoordig kennis, akademie en geletterdheid.

Die laaste, maar beslis nie die minste nie, is ons skool se Latynse leuse: Scientia Est Vires, wat beteken: Kennis is krag.

Een van Marais Viljoen se eerste sportoorwinnings was teen Hoërskool Vryburger in ’n basketbalwedstryd. Ons skool het nie net ’n basketbalspan gehad nie, maar ook ’n algemene biblioteek wat leerders kon gebruik.

Die eerste sportsoorte wat by Marais Viljoen posgevat het, was tennis en atletiek, waaraan leerders by plaaslike byeenkomste kon deelneem. Die skool het eers in 1980 sy eie tennisbane gebou.

Vandag is ons bevoorreg om oor ’n hoëprestasiesentrum te beskik, asook ’n wye verskeidenheid sportspanne en ’n Astro-hokkieveld. Dit wys hoe ver ons skool oor die afgelope 65 jaar gevorder het!

In 1961 het ons skool met slegs 153 leerders begin. Teen 1980 het die getal tot 900 leerders gegroei, waarvan slegs 45 meisies was. Vandag het ons meer as 1 500 leerders, waarvan ongeveer die helfte meisies is.

Maar Marais Viljoen se geskiedenis gaan nie net oor datums, geboue en prestasies nie.

Dit gaan oor mense, tradisies en ’n nalatenskap waarvan elkeen van ons vandag deel is.

Vir 65 jaar is daar tradisies geskep wat Marais Viljoen uniek maak. Van die fontein-inloop in Graad 8 tot die simboliese uitloop in Graad 12, wanneer ons afskeid neem van ’n belangrike hoofstuk in ons lewens.

Van nuwe tradisies soos #TuesBlue en Carols by Candlelight, waar ons saam sing, saam kuier en saamstaan.

Ons koor, wat al vir meer as 40 jaar met trots sing en ons skool se naam hoog hou.

Die kersoorhandiging tydens die prysuitdeling, waar die huidige hoofleiers die vlam van leierskap aan die nuwe hoofleiers oordra – ’n tradisie wat al vir meer as vier dekades voortleef.

En natuurlik, daardie onvergeetlike oomblikke wanneer die hele skool uit volle bors saamstaan en “Balletjie” sing!

Dit is hierdie oomblikke wat ons saambind, ons identiteit vorm en tradisies skep wat van geslag tot geslag oorgedra word.

Om deel van Marais Viljoen te wees, beteken om deel te wees van iets groter as jouself. Dit beteken om deel te word van ’n verhaal wat in 1961 begin het, wat vandag steeds geskryf word en wat lank ná ons tyd hier sal voortleef.

Die blou in ons are is veel meer as net ’n kleur. Dit is trots. Dit is tradisie. Dit is die gees van elke leerder, elke personeellid, elke oudleerder en elke voormalige personeellid wat ooit by Marais Viljoen ’n tuiste gevind het.

Vandag vier ons nie net 65 jaar se geskiedenis nie. Ons vier 65 jaar van drome, meer geleenthede, vriendskappe, opofferings, oorwinnings en onvergeetlike herinneringe.

Ons bring hulde aan diegene wat die pad voor ons gebaan het. Ons staan vandag met trots waar ons is en werk saam om ’n nog beter toekoms te bou.

En ongeag waarheen die lewe ons eendag neem, sal Marais Viljoen altyd deel wees van wie ons is.

100% MARAIS VILJOEN-TROTS! 

Goed. Beter. Marais Viljoen!

AKADEMIE

Ons akademiese prestasie is direk gekoppel aan ons bekwame en ervare onderwysers.

Leer Meer

SPORT

Ons is daartoe verbind om leerders van inklusiewe en afgeronde sportaktiwiteite te voorsien.

Leer Meer

KULTUUR

Vir die kultuurliefhebbers is daar geen tekort aan geleenthede nie. Hier kraai kultuur beslis koning!

Leer Meer

SOSIAAL

Tussen al die harde werk deur is daar altyd tyd vir pret op ons sosiale kalender.

Leer Meer

ONS MISSIE

Hierdie opvoedkundige instansie wend toekomsgerigte kundiges aan om leerderpotensiaal te ontsluit en ontwikkel.

Deur ’n gebalanseerde benadering tot akademie, kultuur, sport en waardevorming word elke leerder toegerus om met selfvertroue en verantwoordelikheid sy of haar plek in die wêreld vol te staan.

Die fokus val op holistiese ontwikkeling, sodat leerders nie net kennis opdoen nie, maar ook karakter, leierskap en doelgerigtheid ontwikkel.

Dagboek en Jaarblad

2026 Dagboek

2025 jaarblad

BAIE DANKIE AAN AL ONS GETROUE BORGE, JULLE WORD OPREG WAARDEER. |

Aantal leerders
0
Aantal personeel
0

Skooltye

KANTOORURE:

Maandag - Donderdag 07:30 AM - 03:00 PM
Vrydag 07:30 AM - 02:15 PM

SKOOLURE:

Maandag - Vrydag 07:30 AM - 02:00 PM

Volg ons op

sosiale media