Astro Hokkieveld
Hoërskool Marais Viljoen is trots op ons splinternuwe Astro Hokkieveld, ’n wêreldklas fasiliteit wat nuwe geleenthede vir ons hokkiespelers geskep het. Ons is die enigste skool in die Alberton-omgewing met ons eie Astro, wat ’n groot bydrae lewer tot die ontwikkeling en groei van hokkie by die skool.
Hierdie moderne fasiliteit bied aan ons spelers die geleentheid om op ’n hoë vlak te oefen en mee te ding, terwyl dit ook die trots, samehorigheid en sportkultuur van Marais Viljoen versterk. Ons spreek ons opregte dank uit aan elke persoon, ouer, ondersteuner en maatskappy wat gehelp het om hierdie droom ’n werklikheid te maak.
Hokkie by Marais Viljoen groei jaarliks van krag tot krag. Ons beskik tans oor 8 meisiespanne en 5 seunspanne, met altesaam 240 leerders wat aan hierdie dinamiese en vinnig groeiende sport deelneem.
Marais Viljoen neem deel aan verskeie hoogs kompeterende reekse en toernooie, waaronder:
By Marais Viljoen streef ons daarna om nie net uitstekende sportprestasies te lewer nie, maar ook karakter, dissipline en spanwerk deur hokkie te ontwikkel.