Die tien leerders in elke graad wat die hoogste gemiddeld verwerf, kwalifiseer om in die Top 10 te wees. Dit word elke kwartaal bepaal.
GRAAD 10 – 12 LEERDERS se vier verpligte vakke en drie beste skoolvakke word in aanmerking geneem.
lndien ’n leerder met ’n geldige verskoning afwesig is vir ’n vraestel en kwalifiseer om in die Top 10 te wees, word so ’n leerder ’n reserwe indien die leerder die vorige kwartaal in die Top 10 was. ’n Leerder wat nie met vrystelling slaag nie, kwalifiseer nie om in die Top 10 of Akademiese Span te kom nie. Strafpunte mag tot diskwalifikasie lei.
AKADEMIESE SPAN
Die span bestaan uit slegs Graad 11 en 12 leerders.
Die span bestaan uit 12 – 14 Graad 11- en 12-leerders.
Die tien leerders wat die hoogste gemiddelde in elke graad behaal, kwalifiseer vir die Top 10. Dit word elke kwartaal bepaal.
Tuis | Kontak Ons | Nuwe Inskrywings | Ons Skool | Akademie | Sport | Kultuur | Sosiaal | Winkel | Nuusbriewe | Alumni
© 2025 Developed By Webshure