Dit begin alles hier. ‘n Nuwe reis, ‘n vars begin. Stap saam en ervaar die hoërskoolreis van ‘n Marais Viljoener.
Marais Viljoen is ‘n trotse instelling in die Alberton-gemeenskap, ‘n plek waar jongmense bemagtig word om hul plek in die wêreld met selfvertroue, insig en vaardigheid in te neem. Hier bied ons ‘n ondersteunende omgewing waar leerders die ruimte gegun word om te groei, hul potensiaal te ontdek en ‘n wye verskeidenheid geleenthede te ervaar.
As ‘n Viljoen-nuweling stap jy in met ‘n leë rugsak, maar van die eerste oomblik af is jy deel van die Marais Viljoen-familie. Dit begin alles die oomblik wat jy besef: ‘Ek is tuis’.










Tuis | Kontak Ons | Nuwe Inskrywings | Ons Skool | Akademie | Sport | Kultuur | Sosiaal | Winkel | Nuusbriewe | Alumni
© 2025 Developed By Webshure