Kultuur

Marais Viljoen spog met ’n uitmuntende koor onder leiding van Jacques de Villiers, beter bekend as Joshua na die Reën, wat reeds verskeie besondere prestasies behaal het. Elke drie jaar stel ons skool ’n grootse Revueproduksie op die planke — ’n hoogtepunt wat leerders se talent, kreatiwiteit en deursettingsvermoë ten volle laat skitter.

Daarbenewens neem ons gereeld deel aan redenaarskompetisies en kunswedstryde, waar ons leerders jaar na jaar uitblink. Ons is trots om gereeld nasionale wenners te lewer en daarmee te wys dat kultuur by Marais Viljoen werklik in sy volle glorie blom.

Hier regeer kultuur — en ons leerders skitter!

Uitvoerende Kunste 

Marais Viljoen se kultuurleerders neem jaarliks aan verskillende genres onder die uitvoerende kunste se vaandel deel. ​
Die twee hoofinstellings waar hulle hul talente kan ten toon stel, is die Alberton-eisteddfod en Con Spirito.

1. Die Albertonse Kultuurvereniging

Die Albertonse Kultuurvereniging is ’n lewendige platform waar Marais Viljoen-leerders hul kreatiwiteit kan uitleef en hul talent met selfvertroue kan deel. Jaarliks neem leerders deel aan ’n ryk verskeidenheid kunsvorme wat hul taalvaardigheid, artistieke uitdrukking en verhoogaanwesigheid versterk.

Deelnemingsgeleenthede sluit in:

• Afrikaanse prosa en poësie
• Redenaars (individueel of groep)
• Kuns
• English prose and poetry
• Dans
• Sang
• Kore
• Revue
• Skryfkuns

Hier word talent ontdek, stemme gevind en ’n liefde vir kultuur opnuut aangewakker — alles in ’n omgewing wat groei en selfvertroue aanmoedig.

Con Spirito

Con Spirito bied aan Marais Viljoen-leerders ’n inspirerende platform waar kreatiwiteit, selfuitdrukking en talent werklik tot lewe kom. Hier kry leerders die kans om hul unieke stemme, stories en artistieke vermoëns te ontwikkel en met selfvertroue te deel.

Deelnemers kan hul vaardighede toon in ’n ryk verskeidenheid kunsrigtings, insluitend:

• Afrikaanse prosa en poësie
• Kuns
• English prose and poetry
• Dans
• Sang
• Kore
• Revue
• Lees
• Skryfkuns

By Con Spirito gaan dit nie net oor kompetisie nie — dit gaan oor groei, passie en die viering van elke leerder se kreatiewe reis.

Revue

Mev. Vanessa Prinsloo (K47)

Redenaars

Mev. Dorette Prinsloo (K19)
Mr. Jason Butler (R61)
Ms. Veronica Lioundris (R36)

Kunswedstryd

Afrikaans: Mev. Dorette Prinsloo (K19)
English: Mrs. Dorette Prinsloo (R19)

Koor

Mev. Ansa Oosthuizen (K26)

Drama

Mrs. Vanessa Prinsloo (R47)

Redenaars

Redenaars: Graad Tien Span Twee

Revue

Uitvoerende Kunste

Hierdie is een van die gewildste kategorieë omdat daar verskeie kompetisies is waarin leerders individueel of in spanverband kan meeding. ​

This is one of the most popular categories because there is a number of competitions where learners can participate individually or as a group.​

Kompetisies waaraan leerders kan deelneem | Competitions that learners can participate in:

  • ATKV – Redenaars
  • Con Spirito
  • Radikale Redenaars
  • Interskole Redenaars
  • Kansvatterredenaars

Revue

Een van Marais Viljoen se populêrste aktiwiteite is ons driejaarlikse revue.
Ons moedig massadeelname aan en skep so die geleentheid vir alle leerders om aan hierdie fenominale kultuuraktiwiteit deel te neem.

At Marais Viljoen we believe that children should be balanced and therefore we encourage them to participate in at least one of the various culture activities we offer at Marais Viljoen.