Meer oor Marais Viljoen

#MeerGeleenthede

Hier glo ons dat elke leerder uniek is en daarom skep ons #MeerGeleenthede vir elke tipe kind om te groei, te ontdek en te presteer.

 

Ons is trots daarop om ’n gebalanseerde skool te wees waar akademie, sport en kultuur hand aan hand loop.

Ons maak tyd om ook op sosiale vlak ons leerders te ontwikkel.

Ons skep geleenthede vir leerders om op die hoogste vlak van kompetisie deel te neem, terwyl ons ook massadeelname aanmoedig sodat elke leerder betrokke kan wees en kan groei.

By Hoërskool Marais Viljoen is daar ’n plek vir almal om te behoort, te ontwikkel en hul volle potensiaal te bereik.

Akademie:

Ons ervare en toegewyde onderwysers streef daarna om elke leerder se volle potensiaal te ontwikkel deur kwaliteit onderrig en individuele ondersteuning. Ons rus ons leerders toe met die vaardighede en selfvertroue om suksesvol die toekoms aan te pak. Ons akademie is van die hoogste gehalte, met ’n wye verskeidenheid vakkeuses, insluitend waardevolle akademiese en tegniese vakke wat leerders voorberei vir die toekoms.

Sport:

Ons bied topgehalte afrigting en geleenthede in ’n verskeidenheid sportsoorte, waar elke leerder aangemoedig word om hul volle potensiaal te bereik. Met moderne fasiliteite, insluitend ’n HPC-sentrum en ’n hokkie-astro, en ’n sterk span gees bou ons aan dissipline, deursettingsvermoë en trots, op en van die sportveld af.
Ons fokus ook op holistiese ontwikkeling, waar sport gebruik word om leierskap, samewerking en karakter te versterk.

Kultuur:

Ons kultuurprogram bied aan leerders ’n platform om hul talente te ontwikkel en selfvertroue te bou in ’n verskeidenheid aktiwiteite. Met toegewyde afrigters en kreatiewe geleenthede word elke leerder aangemoedig om hul unieke stem te vind en met trots uit te leef.
Hierdie betrokkenheid bevorder kreatiwiteit, selfdissipline en ’n lewenslange waardering vir die kunste.

Sosiaal:

Hoërskool Marais Viljoen is ’n lewendige skool waar leerders sterk vriendskappe bou en ware skoolgees ervaar.
Van ons gewilde #TuesBlue-dae en opwindende Geesvangaktiwiteite, tot hoogtepunte soos Mr & Mej Marais Viljoen, Matriekafskeid en ons jaarlikse Lentedag-vieringe, is daar altyd geleenthede vir leerders om betrokke te raak, pret te hê en onvergeetlike skoolherinneringe te skep.