Ons
Marais Viljoen het oor die jare deurentyd nie net Provinsiale kampioene en atlete opgelewer nie, maar ook talle Suid-Afrikaanse atlete en nasionale kampioene. Ons atlete se toewyding, dissipline en passie vir hardloop maak ons ’n krag om mee rekening te hou in die sport.
Vir meer as ’n dekade het Marais Viljoen ’n onoorwonne rekord in ons plaaslike liga gehandhaaf, ’n ware bewys van ons atlete se uitmuntendheid en deursettingsvermoë.
Marais Viljoen neem jaarliks aan die NWU Prestige Landloopreeks deel en lewer telkens uitstekende prestasies. In 2026 het Marais Viljoen algeheel derde geëindig , met die Junior- en Seniorspanne ‘n algehele 2de plek. Hierdie is ‘n trotse bewys van ons span se toewyding en mededingendheid.
Landloop by Marais Viljoen bied vir jou die ideale geleentheid om jouself uit te daag, uithouvermoë te bou en deel te wees van ’n trotse wen-tradisie.