DEPARTEMENTSHOOF: Mev. Y. Dreyer
INLEIDING
Die Kuns en Kultuur-leerarea dek ‘n breë reeks inheemse Suid-Afrikaanse kuns- en kultuurpraktyke. Die kunste en kultuur is ‘n wesentlike deel van die lewe en omvat die geestelike, materiële, intellektuele en emosionele aspekte van mense se aktiwiteite in ‘n gemeenskap.
Kultuur kom tot uitdrukking deur die kusnte en deur lewenstyle, gedragspatrone, erfenis, kennis en oortuigings. ‘n Kultuur is nie staties nie – dit het ‘n geskiedenis en konteks en dit verander, veral wanneer dit met ander kulture in aanraking kom.
APPROACH
The approach towards culture encourages learners to:
-
move from being passive inheritors of culture to being active participants in it;
-
reflect creatively on art, performances and cultural events;
-
identify the connections between artworks and culture;
-
understand the geographical, economic, social and gendered contexts in which Arts and Culture emerge;
-
identify the links between cultural practice, power and cultural dominance;
-
analyse the effects of time on culture and the Arts; and
-
understand how the Arts express, extend and challenge culture in unique ways.
The approach towards the Arts in this Learning Area Statement moves from a broad experience involving several art forms within diverse cultural context, towards increasing depth of knowledge and skill by grades 8 and 9. There is recognition of both the integrity of discrete art forms and the value of integrated learning experiences. The Learning Area Statement strives towards creating a balance between developing generic knowledge about Arts and Culture, and developing specific knowledge and skills in each of the art forms.
SILLABUSINHOUD
Doel
Die Kuns en Kultuur-leerarea het dit ten doel om die volgende te bewerkstellig:
-
stel leerders bloot aan en bied ervarings in dans, drama, musiek, visuele kunste, (kuns-)handwerk, ontwerp, media en kommunikasie, kunsbestuur, kunstegnologie en erfenis;
-
ontwikkel skeppende en innoverende individue as verantwoordelike landsburgers en volgens die waardes van demokrasie soos dit in die Grondwet van Suid-Afrika tot uiting kom:
-
bied aan alle leerdes toegang tot opvoeding in kuns en kultuur as deel van die regstelling van historiese wanbalanse;
-
ontwikkel ‘n bewustheid van nasionale kultuur, ter bevordeing van nasiebou;
-
vestig, ontwikkel en bevorder die kreatiwiteit van Suid-Afrikaners as ‘n ryk en produktiewe bron;
-
bied deur middel van kuns en kultuur aan leerders geleenthede om bruikbare vaardighede, kennis, houdings en waardes te ontwikkel wat hulle op die lewe en lewenslage leer voorberei;
-
ontwikkel ‘n begrip van die kunste as simboliese taal.