Goed, Beter, Marais Viljoen!

Good, Better, Marais Viljoen!

Departement Afrikaans

                                              

DEPARTEMENTSHOOF:  Mev.  Lida Steenkamp
 
VAKINLIGTING
Afrikaans word as Huistaal en eerste Addisionele Taal aangebied.  Beide vakke vaar besonder goed met geen druipelinge in etlike jare.  Hoogste prestasie in die distrik vir 9 jaar en dit is toegeskryf aan ‘n toegewyde onderwyskorps wat al vir 10 jaar konstant gebly het.
 
Leeslaboratorium, KKNK, redenaars en debat is nog aktiwiteite wat deur die onderwysers bedryf word.
 
Afrikaans Huistaal / Eerste Addisionele Taal
 
TOELATINGSVEREISTES
Geen. Afrikaans is verpligtend as leer- en onderrigtaal van die skool en word as Huistaal en Eerste Addisionele Taal aangebied.
 
BENADERINGSWYSE
Afrikaans word in aktuele en kommunikatiewe kontekste onderrig sodat leerders, namate hulle vorder, hulle taal met toenemende vlotheid, beheer en akkuraatheid binne ‘n groter verskeidenheid situasies kan gebruik.
 
SILLABUSINHOUD
Die verskillende kulturele, tegniese en kritiese geletterdhede wat nodig is vir doeltreffende deelname aan die samelewing word gekonsolideer tot vier leeruitkomste wat tydens onderrig en assessering geïntegreer word nl. luister en praat, lees en kyk, skryf en aanbied en toepassing van taalkonvensies.
 
BEROEPSMOONTLIKHEDE
Vertaler, tolk, diplomaat, joernalis, radio- en TV-kopieskrywer, onderwyser, reklamewese, kommunikasie, buitelandse inligtingsdiens, skakelbeampte.
 
VAKPRESTASIES:
2008
Onderskeidings:  20
 
2009
Onderskeidings:  19
 
HOOGSTE PRESTASIE IN DIE DISTRIK VIR 9 JAAR

Theme by Danetsoft and Danang Probo Sayekti inspired by Maksimer