Goed, Beter, Marais Viljoen!
Goed, Beter, Marais Viljoen!
Good, Better, Marais Viljoen!
EKSAMENREËLS
1. Die tye op die eksamenrooster moet stiptelik nagekom word.
- Leerders moet 20 minute voor aanvang van eksamen reeds in lokaal sit.
- Indien leerder laat kom, word geen ekstra tyd gegee nie.
2. Alle leerders moet in die regte skooldrag kom skryf.
3. Skoolreëls geld onder alle omstandighede. Bring Marais Viljoen dagboek
elke dag skool toe tydens die eksamen.
4. Leerders mag nie tydens die eksamen self van lokaal of sitplek skuif nie. (Punte sal .....afgetrek word).
5. Doktersbriewe tydens die eksamen moet in K20 ingehandig word.
(me Du Preez).
6. Geen notas of items waar notas op gemaak kan word, mag in die besit van ‘n leerder
wees gedurende die eksamen nie.
7. Geen tasse of sakke word in die eksamenlokaal toegelaat nie. Om hierdie rede
aanvaar ons geen verantwoordelikheid vir waardevolle artikels wat uit tasse
wegraak nie.
8. Geen lenery sal tydens die eksamen toegelaat word nie. (Sorg dat jy die
nodige het wanneer jy eksamen skryf).
9. Geen leerder word in die skoolgebou toegelaat as hulle nie eksamen skryf nie.
(Indien hulle klaar geskryf het, moet hulle stil uit die hoofgebou beweeg).
10. Leerders moet te alle tye stil wees gedurende die eksamen.
- Vraestelle word alleen uitgedeel as leerders in die lokaal stil en ordelik is.
- Leerders mag nie die lokaal verlaat voordat die tydsduur van die
vraestel verby is nie al het die leerder self reeds klaar geskryf.
- Leerders mag onder geen omstandighede met mekaar praat as hy/sy in besit van
‘n antwoordstel is nie.
11. Oneerlikheid, in watter vorm ookal, is ‘n oortreding wat tot gevolg kan hê dat
leerders nul vir die betrokke vraestel kan kry en tot skorsing kan lei.
12. Geen selfone en “MP 3 Player” in die eksamenlokale nie. (Bêre in
sluitkassies). Gebruik en/of sigbaarheid van selfone,of selfone wat lui sal
op dieselfde manier as oneerlikheid tydens eksamen hanteer word; d.w.s.
die leerder kry nul vir die eksamen.
SLAAGVEREISTES
Graad 8 en 9
In terme van die bestaande 7-vlak skaal:
- Minstens 40% vir een van die tale en Wiskunde en 30% vir die ander taal
- Minstens 40% vir 4 van die ander Leerareas.
Graad 10 tot 12
Om Graad 10, 11 of 12 te slaag moet ‘n leerder 40% in drie vakke behaal waarvan een vak ‘n amptelike taal op Huisvlak (Eerstetaal) is, en 30% in drie vakke. Dit beteken dus dat ‘n leerder wat onder 30% vir een uit die sewe vakke behaal (Huistaal uitgesluit) steeds kan slaag.
EXAM RULES
1. Times as indicated on the exam timetable must be strictly adhered to.
- Learners must be seated in the exam room 20 minutes before the exam
commences.
- If a learner should be late, no extra time will be given.
2. Learners write exams in their prescribed school uniforms.
3. School rules are in force under all circumstances. Bring Marais Viljoen diary
.to school every day during the exams.
4. Learners may not change their allocated seat or exam room during the exams.
(Marks will be deducted).
5. Doctors’ letters must be handed in at Room 20 during the exams.
(Mrs du Preez).
6. No learners may be in possession of any notes or items on which notes ....can be made during the exams.
7. No school bags are allowed in exam rooms. Therefore the school does not accept
any responsibility for any valuables disappearing from school bags.
8. Learners will not be allowed to borrow anything during the exams. (Make
sure that you have all necessary items when writing your exams).
9. No learners will be allowed in school buildings if they are not writing. (Once they
have finished writing they must leave the main building quietly).
10. Learners are requested to be quiet at all times during the exams.
- Exam papers will only be handed out when learners in the exam room are quiet.
- No learners may leave the exam room before the allocated time has expired, even though he/she might have finished writing.
- Under no circumstances may learners talk to each other while they have answer
sheets in their possession.
11. Dishonesty of any nature is an offence which can lead to a learner being awarded
zero for that particular paper and this may lead to expulsion.
12. No cellphones and MP 3 Players in exam rooms. Cellphones being used,
ringing or seen in exam will be dealt with in the same way as dishonesty;
i e a zero mark will be allocated.
PASS REQUIREMENTS
Grade 8 and 9
In terms of the existing 7-level scale:
- At least 40% for one of the languages and Mathematics and 30% for the other .......language.
- At least 40% for 4 of the other Learning Areas.
Grade 10 to 12
A learner must attain 40% in three subjects, one of which is the official Home Language
(First Language) subject, and 30% in three subjects. Therefore, a learner who has less than 30% for one of the seven subjects (excluding Home Language) can still pass.
Theme by Danetsoft and Danang Probo Sayekti inspired by Maksimer