Goed, Beter, Marais Viljoen!
Goed, Beter, Marais Viljoen!
Good, Better, Marais Viljoen!
DIE PUNTESTELSEL
INLEIDING
Die gedragskode, wat reëls aangaande skoolsake, kleredrag, persoonlike voorkoms, asook die dissiplinêre reëls en strawwe vervat, se hoofdoel is die vasstelling en bevordering van ‘n standaard wat die skool wil daarstel om sy missie uit te voer en om selfdissipline by die leerders van die skool te kweek.
MISSIE
“Hierdie opvoedkundige instansie wend toekomsgerigte kundiges aan om
leerderpotensiaal te ontsluit en ontwikkel”.
Die gedragskode is so opgestel dat die gedrag van ‘n leerder in die skoolomgewing sodanig is, dat die akademiese ontwikkeling en prestasie so kan geskied dat elke leerder tot volle potensiaal kan ontwikkel in ‘n geordende struktuur.
Daar moet beklemtoon word dat die ontwikkeling van selfdissipline in ‘n leerder nie net die verantwoordelikheid van die skool is nie, maar wel grotendeels ‘n vennootskap tussen die ouer, gemeenskap en skool:” ’n kind is die produk van sy/haar omstandighede”.
Ons glo dat die puntestelsel die regverdigste manier sal wees om leerders, wat hulle nie by die reëls en gedragskode hou nie, te straf, asook om die leerders wat wil werk, die nodige kwaliteitonderrig te kan gee.
Dit moet ook duidelik gestel word dat die puntestelsel nie gesien moet word as ‘n middel net om die negatiewe gedrag raak te sien nie, maar dat daar wel ook ander middels is om positiewe gedrag aan te meld, bv. die Dagboek.
Dit is dus nodig dat die leerder en die ouer, wat leiding aan sy kind moet gee, die stelsel moet onderskryf en hulle daaraan onderwerp om sodoende te sorg dat die kind se belange en regte, asook dié met wie hy die skool deel, gerespekteer en beskerm word.
PROSEDURE :
A. Debiete
1. Indien daar ‘n oortreding is, word dit deur die betrokke personeellid op die nodige
vorm ingevul. Nadat die leerder die vorm self geteken het, word die vorm ingestuur
sodat die nodige punte op die rekenaar afgetrek kan word.
2. ‘n Strafpunt (debiete) word aan ‘n sekere oortreding gekoppel.
3. Die tipe oortreding bepaal dan ook die hoeveelheid wat afgetrek word. Vir ernstiger
oortredings kan die betrokke leerder na die hoof of een van die adjunkhoofde
gestuur word.
4. Daar sal ten minste een keer per kwartaal ‘n staat uitgedruk word waarop al die
oortredings verskyn en sal daarna aan die rapport / puntestaat vasgeheg word.
5. Skooldiens moet verrig word om strafpunte te verminder.
6. Die punte wat van ‘n leerder afgetrek word, sal op rekord gehou word.
GEVOLGE VAN VERSUIM OM STRAFPUNTE AF TE WERK:
1. Die vorige jaar/jare se geakkumuleerde strafpunte bly op rekord.
2. Daar word van leerders verwag om punte af te werk voordat –50 bereik word. Die veiligste is dus om onmiddellik skooldiens te verrig wanneer ‘n leerder strafpunte kry. Leerders moet self in hulle dagboek ‘n aantekening maak van strafpunte wat gehef word. Skooldiens vind van Maandag tot Donderdag tussen 14:00 en 16:00 plaas.
3. ‘n Leerder wat versuim om strafpunte bo 50 af te werk deur skooldiens te verrig, word op detensie op ‘n Vrydagmiddag geplaas, waartydens hy/sy 30 punte terugwerk.
4. Leerders wat deelneem aan ‘n sportsoort sal nie toegelaat word om sport te beoefen totdat punte afgewerk is nie. Indien ‘n leerder skooldiens vanaf 14:00 - 16:00 op ‘n betrokke middag bygewoon het, mag hy wel direk daarna ‘n sportoefening bywoon.
5. ‘n Hoë geakkummuleerde strafpunt kan tot gevolg hê dat ‘n leerder en sy/haar ouers voor die dissiplinêre komitee van die Beheerliggam verskyn. Hierdie is die laaste stap indien geen ander bemoeienis met die leerder geslaag het nie en kan tot die skorsing van so ‘n leerder lei.
6. Leerders sal nie toegelaat word om ‘n lid van die Verteenwoordigende Leerderraad of Bestuurspan (prefek) te word indien ‘n leerder meer as 50 strafpunte het nie.
7. ‘n Matrikulant wat meer as 50 strafpunte het, sal nie toegelaat word om die matriekafskeid aan die einde van die jaar by te woon nie.
8. ‘n Leerder sal nie ‘n sakkrul of kleurtoekenning ontvang indien hy/sy meer as 50 strafpunte het nie. Sodra die leerder se punte deur skooldiens na minder as 50 afgewerk is, sal so ‘n leerder sy/haar toekenning ontvang. Bewys hiervan moet in Kamer 2 afgehaal word.
9. Leerders wat meer as 50 strafpunte geakkumuleer het, sal nie toegelaat word om ‘n graadkamp (bv. graad-9 en 10-kampe) mee te maak nie.
10. ‘n Leerder wat ‘n beurs ontvang het se beurs kan teruggetrek word indien hy/sy meer as 50 punte verloor het.
11. Prestasietoekennings sal verbeur word indien ‘n leerder meer as 50 strafpunte het.
B. Krediete (Belonings)
1. Leerders kan positiewe punte (krediete ) verwerf soos uiteengesit in die kredietetabel.
2. Indien ‘n leerder vir ‘n hele kwartaal geen strafpunte verloor nie, sal die leerder 20 positiewe punte verwerf.
3. Positiewe punte sal op rekord gehou word.
4. ‘n Leerder wat 100 positiewe punte verdien het, sal na bewys daarvan, aan die einde van die jaar met ‘n prestasietoekenning beloon word.
| 1 | Akademiese vordering (ten minste 5% Graad 8 - 12 gem) | 20 |
| 2 | Akademiese vordering (ten minste 10% Graad 8 - 12 gem) | 40 |
| 3 | Geen strafpunte verloor nie | 20 |
| 4 | Lojaliteitsbalkie word ingeruil vir | 100 |
Krediete word deur me. L. Steenkamp hanteer. Leerders moet self na me. L. Steenkamp toe gaan en hul bewyse saamneem. ‘n Eis vir positiewe punte moet binne ‘n kwartaal afgehandel word.
| Reël | Oortreding | Debiet |
| 1 | Swak gedrag – volgens meriete | 5 – 15 |
| Steek eiendom weg | 15 | |
| Uitdaag van gesag / Versuim van duidelik gestelde opdragte | 15 - 30 | |
| 2 | Baklei / Dreig / Intimidasie | 30 – 50 |
| Doelbewuste besering veroorsaak | ||
| 3 | In teenwoordigheid van rokers of in besit van sigaretaanstekers of sigarette | 30 |
| Rook in skooldrag buite of op skoolterrein (Ouers word geskakel. Tweede oortreding: dissiplinêre verhoor) | 50 | |
| 4 | Beskadig eiendom / medepligtige - Spuit verf op geboue | 20 – 50 |
| Krap op bank / muur / teëls / ens. | 50 | |
| Bolle nat papier / Pritt-buisies teen plafon | 20 | |
| 5 | Besit van alkohol / dwelms / vuurwapens of ander wapens | 80 and / or suspended |
| Onder die invloed van alkohol / dwelms / Dobberlary | 50 | |
| 6 | Verlaat skool sonder verlof / Teken uit met vervalste brief | 30 |
| Afwesig van skool sonder toestemming of rede | 10 | |
| Afwesig van klas sonder toestemming | ||
| (Kan meer kere per dag 10 punte verloor as meer as een klas versuim) | ||
| 7 | Oneerlikheid | 5 – 50 |
| Vervals handtekening | 30 | |
| Skryf brief namens iemand / vervalste telefoonoproep | ||
| 8 | Leen huiswerk uit vir afskryf | 5 |
| Skryf huiswerk af | 10 | |
| Doen ander vak se werk in klas | 5 | |
| 9 | Oneerbiedig teenoor VLR-lid | 5 |
| Oneerbiedig teenoor Bestuurspanlid | ||
| Vloek / Kwetsende opmerkings tussen leerlinge | 10 - 40 | |
| Oneerbiedig/rasisties teenoor personeel / werkers / leerders | ||
| 10 | Vloek / Kwetsende opmerkings teenoor personeel | 40 |
| 11 | Voorkoms nie reg nie (slordig) | 5 |
| Skooldrag nie reg nie | 5 | |
| Naels te lank / Dra juwele | 5 | |
| Hare nie volgens skoolreëls nie / Nie geskeer nie | 5 per dag | |
| Nie skoolklere aan by sportgeleenthede nie | 20 | |
| 12 | Afwesig van sportspan | 20 |
| Afwesig van dienspunt | ||
| Afwesig van kultuuroptrede | ||
| 13 | Laat vir skool of klas | 10 |
| 14 | Strooi rommel binne of buite terrein | 5 |
| 15 | Sit op verkeerde plek in die klaskamer of eksamenlokaal | 5 |
| 16 | Verbode terrein gedurende pouse (tussen en bo tydelike klasse, tennis-/netbalbane, lapas, motors, motorhok, tussen heining en atletiekbaan) | 10 |
| Deur vensters klim tot in die klas | ||
| In volwassenes se kleedkamers | ||
| In woonkwartiere van werkers | ||
| 17 | Liefkoos | 20 |
| Hou hande vas in skooldrag | 10 | |
| 18 | Geen afwesigheidsbrief nie | 5 |
| Versuim om skeurstrokie terug te bring | ||
| 19 | Handboek / dagboek / skrif / huiswerk / instrumente nie by skool / huiswerkversuim | 5 – 10 |
| Gedeelte van huiswerk nie gedoen nie | 5 | |
| Toetse nie geteken nie | 5 | |
| 20 | Ontwrig groep / byeenkoms / klas (gesels, maak opmerkings) | 10 |
| 21 | Eet / drink in klas. Kougom op skoolterrein | 5 |
| Eet / drink in Rekenaarklas. | 10 | |
| 22 | Graffiti / slagspreuke / simbole op tas / dagboek | 20 |
| 23 | Spoeg | 30 |
| 24 | Gebruik van kameras/selfoon kameras/video kameras gedurende skoolure | 30 |
| Laai van sagteware / rekenaarspeletjies op skoolrekenaars | ||
| 25 | Ry met fiets / skaatsplank op terrein | 10-20 |
THE PENALTY SYSTEM
INTRODUCTION :
The Code of behaviour which covers school affairs,school uniforms, rules regarding
personal appearance, as well as disciplinary rules and punishment, has as its main aim the setting and promotion of a standard which will enable the school to fulfill its mission and to cultivate self-discipline amongst learners of the school.
MISSION:
“This educational institution utilizes future orientated experts to discover and
develop learners’ potential”.
The code of behaviour has been compiled in such a way that the learners’ behaviour in
the school environment provides the ideal situation for them to achieve their pinnacle and to develop to their full potential in an orderly structure.
It must be stressed that the development of self-discipline in a learner is not only the
responsibility of the school, but is mainly a partnership between parent, community and the school, since “a child is the product of his/her circumstances”.
We believe that the penalty system will enable us to punish learners who do not abide by the school rules and code of behaviour in general in a fair manner. Learners who are prepared to work will then be provided with quality teaching.
We would like to emphasize that the penalty system should not only be regarded as a
means only to punish negative behaviour, but the diary also provides a means to record
positive behaviour.
It is thus necessary for the learner and the parent, who guides his child, to support the
system and subject themselves to it to ensure that the rights of the learner, as well as
those who share the school with him/her, are respected and protected.
PROCEDURE :
A. Debits
1. If a learner transgresses, a form is completed by the teacher concerned. After the learner has signed the form, it is sent in to be processed on the computer.
2. Penalty points (Debits) are allocated to certain transgressions.
3. The type of transgression determines the number of points to be deducted. For more serious offences learners will be sent to one of the deputy principals or the principal.
4. At least once per term a statement of all transgressions will be printed and attached to the
report/mark sheet.
5. A learner will have to do school service to decrease his/her penalty points.
6. The number of points that have been deducted will be kept on record.
REPERCUSSIONS RESULTING FROM FAILURE TO REDEEM DEMERITS:
1. The demerits accumulated over the previous year/years will remain on record.
2. Learners are expected to be pro-active and to redeem their demerits before they reach a total of 50 demerits. The safest would be to do school service as soon as the demerits have been received. Learners must make a note in their diaries of demerits received. School service takes place from Monday to Thursday between 14:00 and 16:00.
3. If a learner neglects to work their demerits off by doing school service they will be put on detention on a Friday afternoon.
4. Learners who participate in a sport will not be allowed to do so until their demerits have been redeemed. If a learner attends school service from 14:00 – 16:00 in the afternoon, he/she will be able to attend sport practice straight afterwards.
5. A high total of accumulated demerits can result in the learner and his/her parents having to appear before the Governing Body’s Disciplinary Committee. This is a last resort measure if everything else has failed to elicit the learner’s co-operation and it can lead to his/her expulsion.
6. Learners who have more than 50 demerits will not be allowed to be an LRC (Learner Representative Council) member or may not become a member of the management team (perfect).
7. A matriculant who has more than 50 demerits will not be allowed to attend the matric farewell at the end of the year.
8. A learner will not receive a scroll or colours if he/she has more than 50 demerits. As soon as the demerits have been redeemed, the learner will receive his/her award. Proof of this must be collected from Room 2.
9. A learner who has more than 50 demerits will not be allowed to attend a grade camp (e.g. Grade 9 and Grade 10 camp).
10. A learner who received a bursary may forfeit the bursary if he/she accumulates more than 50 demerits.
11. Achievement award will be forfeited if a learner has lost more than 50 demerits.
B. Credits(Rewards)
1. Learners can earn positive points (credits), as explained in the credits table.
2. If a learner does not have any demerits during an entire term, that learner will be rewarded with 20 positive points.
3. A learner with positive points will be rewarded with the achievement rewards at the end of the year.
4. These positive points will be kept on record.
| 1 | Academic Progress (at least 5% Grade 8 - 12 average) | 20 |
| 2 | Academic Progress (at least 10% Grade 8 - 12 average) | 40 |
| 3 | No demerits | 20 |
| 4 | Loyalty scroll traded in for | 100 |
Credits are handled by Mrs. L. Steenkamp. Learners must go to Mrs. L. Steenkamp themselves and provide proof of achievements. Claims for positive points have to be finalised within a term.
| Rule | Offence | Debit |
| 1 | Poor behavior – According to merit | 5 – 15 |
| Hiding other’s property | 15 | |
| Challenging authority / Ignoring clearly stated assignments | 15 - 30 | |
| 2 | Fighting / Threatening / Intimidating | 30 – 50 |
| Deliberately causing injury. | ||
| 3 | Being with smokers, or being in possession of cigarette lighter or cigarettes | 50 |
| Smoking in school uniform outside school or at school | 200 | |
| 4 | Damaging property / accomplice | |
| Spray – painting buildings | 20 – 50 | |
| Using any object to make marks on school property | 50 | |
| Wet paper / Pritt sticks thrown against ceilings | 20 | |
| 5 | In possession of alcohol / drugs / firearms or other weapons | 200 and / or suspended |
| Prohibited reading material / Criminal offence / Theft | 200 | |
| Under the influence of alcohol / drugs / Gambling | ||
| 6 | Leaving school without permission | |
| Signing out with forged signature | 50 | |
| Absent from school without permission “Bunking” | 20 | |
| Absent from class without permission | ||
| (Can lose 10 more than once per day if absent from more than one class) | ||
| 7 | Dishonesty | 5 – 50 |
| Forging Signature | ||
| Writing a letter on behalf of someone else | 30 | |
| Hoax telephone call | ||
| 8 | Lending homework to others to copy | 5 |
| Copying homework | 10 | |
| Doing work for another subject in class | 5 | |
| 9 | Disrespectful towards LRC Member | 5 |
| Disrespectful towards Management Team | ||
| Swearing and hurtful remarks amongst learners | 10 - 40 | |
| Disrespectful/racism towards staff members / labourers/peers | ||
| 10 | Swearing / hurtful comments made to staff members | 40 |
| 11 | Appearance unacceptable / School uniform unacceptable | 5 |
| Nails too long / Wearing jewelery | 5 | |
| Hair not according to school rules / unshaven | 5 per day | |
| Not wearing school uniform at sports meetings | 5 | |
| 12 | Absent from sport team | 20 |
| Absent from duty | ||
| Absent from cultural performance | ||
| 13 | Late for school or class | 10 |
| 14 | Littering inside or outside school property | 5 |
| 15 | Sitting in the wrong place in the classroom or exam venue | 5 |
| 16 | Prohibited areas during break (in between and above prefabs, tennis / netball courts, lapas, cars, cars enclosure, between fence and athletics field) | 10 |
| Entering class through window / In Adults’ cloakrooms | ||
| Inside living quarters of labourers | ||
| 17 | Necking | 20 |
| Holding hands in school uniform | 10 | |
| 18 | No absentee letter | 5 |
| Not returning a return slip from circulars | ||
| 19 | Text books / Diary/ Exercise book / homework / instruments not at school | 5 – 10 |
| Homework not done | ||
| Part of homework not done | ||
| Test not signed | 5 | |
| 20 | Disrupting group / meeting / class (talking, making | 10 |
| comments) | ||
| 21 | Eating / drinking in class. Chewing gum on school grounds | 5 |
| Eating / drinking in computer class. | 10 | |
| 22 | Graffiti / slogans / symbols on bags / cases / diary | 20 |
| 23 | Spitting | 30 |
| 24 | Use of cameras/cellphone cameras/video cameras during school hours. Copy software/games onto school computers. | 30 |
| 25 | Riding a bicycle / skateboard on school premises | 10-20 |
Theme by Danetsoft and Danang Probo Sayekti inspired by Maksimer